KUNSWEDSTRYDE

VOORDRAG: Afrikaans en Engels.

Hier by Laerskool Rayton is ons Rayties nie bang of skaam vir ‘n bietjie voordrag nie. Hier oefen ons hard en betower almal met ons oulike gedigte en voordragte!! Natuurlik sal dit nie kan plaasvind sonder ons fantastiese personeel by Laerskool Rayton nie.

Laerskool Rayton neem ook jaarliks aan die Kungwini Eisteddfod deel. Hier kry die leerders die geleentheid om deel te wees van verskeie kultuur- en kunsgeleenthede.