Atletiek

By Laerskool Rayton geniet ons elke oomblik van die atletiekseisoen! Ons skop die jaar af met Huissport, waar die Elande, Rooibokke en Koedoes meeding vir die Atletiek-, Gees- en Sangbeker. Ons neem deel in verskeie baan- en velditems. Verder neem ons ook jaarliks deel aan ‘n verskeidenheid van byeenskappe, soos die streeks-en distriksbyeenskappe. Van ons leerders vorder selfs tot die provinsiale en nasionale byeenkomste. Word deel van die Raytie-wenspan.

Baanitems: 60m, 80m, 100m, 150m, 600m, 900m, 1200m, 1500m asook hekkies.

Velditems: Gewigstoot, diskus, spiesgooi, hoogspring en verspring.