Die ouers word verteenwoordig deur vyf ouerlede op die beheerliggaam van die skool. Hulle beheer saam met die personeellede op die beheerliggaam, die finansies, infrastruktuur en bepaal belangrike beleidsaangeleenthede.
Die finansiële komitee bestaan uit ‘n meerderheid van ouers, wat die finansies van die skool maandeliks kontroleer. Hulle verseker dat die finansies van Laerskool Rayton op professionele, finansiële beginsels berus.
Alle buite-kurrikulêre aktiwiteite het komitees waarby ouers kan inskakel waar hulle waardevolle hulp verleen en verseker.
Ouers word uitgenooi na oueraande gedurende die eerste en tweede kwartaal. Gedurende die eerste oueraand in Januarie word ‘n ouerkomitee gekies wat veral hulp verleen tydens skoolfunksies en fondsinsamelingsprojekte.
Gedurende die tweede en derde kwartaal word ouers spesifiek uitgenooi om hulle persoonlik in te lig aangaande hul kinders se vordering.