Rugby / Bulletjie-Rugby

Van pret hê saam met ons maats en ouers by elke bulletjiedag en Loftusdag tot die trots om vir die laaste wedstryd op ons velde uit te draf.  Hier leer ons om manne te word deur spanwerk, vasberadenheid en trots!  By Laerskool Rayton is ons pappas ook baie betrokke by ons seuns se ontwikkeling.  Ons bulletjies het ‘n besige program in die rugbyseisoen en ons seniorspanne neem ook wyd deel.  Die skool spog elke jaar met ‘n aantal seuns wat in die finale proewerondtes deelneem en spanne wat die liga op ‘n gereelde grondslag verower.  Daar is ‘n geleentheid vir elke seun om uit te blink en die skool het selfs ‘n tweede span wat hul stem dik maak!