Skaak

By Rayton leer skaak ons hoe om planne te maak!  Net soos in die lewe moet mens altyd ‘n plan hê.  Die slimkop-juffrouens in ons skool leer ons presies wat elke skaakstuk mag doen sodat ons die opponente kan uitoorlê.  Ons seuns en dogters neem jaarliks teen leerders van top skole deel en ons staan vir niemand terug nie.  Hierdie is werklik ‘n sport vir oud en jonk waar almal welkom is.  Kom raak deel van ons skaakfamilie.