Nuwe Leerlinge

TOELATINGSVEREISTES

Leerlinge moet inpas by die chronologiese ouderdom van die graadgroep waartoe toegang verleen word. Die beheerliggaam verleen voorkeur aan leerlinge wie se ouers binne die skool se voedingsgebied woon en werk. Leerlinge moet skoolreëls aanvaar en hul daaraan onderwerp. Ouers/voogde onderneem om die vasgestelde skoolgeld te betaal of om op die voorgeskrewe wyse aansoek te doen om ‘n subsidie. Die beheerliggaam behou hom die reg voor om toelating te weier, indien die betrokke graadgroep se klasse reeds ten volle benut is. Afrikaans is die onderrigmedium van die skool.

INSKRYWING VAN NUWE LEERLINGE

Kinders is skoolpligtig vanaf die begin van die jaar waarin hulle sewe jaar oud word. Ouers van nuwe leerlinge voltooi ‘n inskrywingsvorm wat by die kantoor verkry kan word. ‘n Gesertifiseerde afskrif van die geboortesertifikaat moet saam met die inskrywingsvorm ingegee word.  Voornemende Gr. 1-ouers moet aanlyn aansoek om toelating die voorafgaande jaar soos voorgeskryf deur die Onderwysdepartement. Die voorgeskrewe dokumentasie moet by die kantoor ingehandig word.  ‘n Oorspronklike inskrywingsvorm moet ook ingehandig word en is beskikbaar by die skool kantoor. Her-registrasie van alle Gr. 2-6 leerders vind ook plaas op die datum soos deur die Onderwysdepartement bepaal.

SKOOLVERLATERS

Ouers moet skriftelik aansoek doen vir ‘n oorplasingsertifikaat. Die voogonderwyser(es) word in kennis gestel en reëlings word getref vir die inhandiging van handboeke. Uitstaande skoolgelde moet vereffen wees.