Krieket / Mini-Krieket

Ons krieketspelers weet hoe om ‘n bal te plaas, en die langsteel in te lê! Ons passievolle afrigters ontwikkel al die spelers se vaardighede deur prettige speletjies en wedstryde.  Ons skool spog met vier senior krieketspanne wat jaarliks puik presteer, asook die mini-krieket spanne wat toekomstige helde sal oplewer. Ouerafrigting en betrokkenheid is ook ‘n groot rede vir ons suksesresep. Krieket is waarlik gesond by Laerskool Rayton!