Kommunikasie

KOMMUNIKASIE EN OMSENDBRIEWE

  • Algemene omsendbriewe waarop die nuutste inligting rakende die skool verskyn word op die D6 Toepassing geplaas.  Leerlinge wat buitengewone prestasies lewer, word gereeld in omsendbriewe of die Communicator vermeld. Ouers is welkom om die skool van sulke inligting te voorsien.
  • Die onderskeie aktiwiteite voorsien deelnemers gereeld van inligting via die D6 Communicator waarop reëlings bekend gemaak word.
  • Ouers word hartlik uitgenooi om enige tyd die skool te kontak indien hulle enige probleme ondervind of voorstelle wil maak. Maak gerus ‘n afspraak.
  • Personeel kan ongelukkig nie gedurende klastyd gesien word nie. Die skoolkantoor kan gekontak word om ‘n afspraak met ‘n onderwyser of afrigter te maak.
  • Ouers moet eers skakel met die betrokke klasonderwyser, afrigter, of administratiewe personeellid. Daarna die organiseerder, of departementshoof, daarna die adjunkhoof, voordat hulle die prinsipaal skakel vir navrae of enige probleme. Die skool oorweeg alle billike versoeke en moedig kommunikasie met alle rolspelers sterk aan.

OUERAANDE

Oueraande word gesien as ‘n geleentheid om inligting rakende die skool of onderwys in die algemeen met ouers te deel en om ouers kans te gee om personeellede vlugtig te ontmoet. Indien u spesifieke probleme het, sal ons verkies om dit rustig en persoonlik te bespreek, en u word dus versoek om in so ‘n geval ‘n afspraak te reël.

Ouerinligtingsaand word die tweede week van die eerste kwartaal gehou waar alle nodige inligting met ouers gedeel word. Individuele Oueraande word gewoonlik in die 2de week van elke kwartaal gehou. In die 3de kwartaal kan ouers persoonlike gesprekke reël soos nodig.

Voorsitters van klaskomitees gee sake deur aan graadverteenwoordigers wat weer op die ouerkomitee dien. Die komitee loods verskeie projekte om die skool te ondersteun, maar dien ook as hulp en skakel met personeel vir enige navrae.

KOMMUNIKEERDER

Die kommunikeerder kan afgelaai word by

http://www.school-communicator.com/download.php

Alle weeklikse inligting word hier geplaas. Tuiswerk en belangrike datums word ook hier geplaas. Soms word dringende boodskappe gegee. Ons wil elke ouer motiveer om die D6 communicator af te laai!