Tennis / Mini-Tennis

By Laerskool Rayton “slaan ons ‘n kishou metTennis!  Van kleins af leer ons leerders die nodige vaardighede by ons betrokke en ywerige mamma’s.  Speel-speel ontwikkel ons juniors hulle talente op die tennisbaan sodat hulle ook die trots kan hê om die skool se 1ste span te verteenwoordig.  Ons 1ste seunstennisspan neem in ‘n baie kompeterende liga deel en kwyt hul goed van hul taak.  Hulle het al talle groot skole laat les opsê.