Hokkie / Mini-Hokkie

Rayties se hokkie kook!  Wanneer ons hokkiedogters die stok in die hand het moet jul maar pasop voor!  Alhoewel ons dogters in ‘n hoogs-kompeterende liga deelneem, staan hul vir geen teenstaander terug nie.  Jaarliks spog ons met ligawenners wat die veld aan die brand speel.  Ons wenresep is ons afrigtingspan wat ‘n passie vir ons kinders en die spel het.  Van kleins af word al die nodige vaardighede met pret aangeleer.